
Skrumstories – 7 Julie 2025: Springbokke klop Italië – maar was dit genoeg?
Hoekom is ‘n oorwinning nie altyd genoeg nie?

Skrumstories, ’n nuwe daaglikse Afrikaanse rugbypodcast, bespreek vandag waarom Rassie Erasmus nie tevrede is met die Springbokke ná die naweek se wedstryd nie.
Die Suid-Afrikaanse rugbyseisoen is in volle swang, en die 2027 Rugbywêreldbeker in Australië kom al hoe nader. In hierdie tyd van rugbykoors maak ’n nuwe stem sy buiging in die plaaslike rugbymedia: “Skrumstories” – ’n daaglikse Afrikaanse rugbypodcast wat luisteraars se liefde vir die spel voed met nuus, analise, en unieke perspektief.
🎧 Skrumstories – Springbokke klop Italië – maar was dit genoeg? – 2025-07–07
Ten spyte van ’n oorwinning teen Italië, blyk dit dat Erasmus bekommerd is oor die Springbokke se vermoë teen ’n sterker span, soos Italië.
Ons kyk in vandag se episode na sy opmerkings en wat dit vir die tweede toets dié naweek kan beteken.
Die Suid-Afrikaner is opsoek na joernaliste …. Indien jy belangstel stuur asb. ‘n e-pos aan info@thesouthafrican.com of WhatsApp ons op 060 011 0211.