Emma Louw
Emma Louw het ’n groot passie vir die egtheid van die Suid-Afrikaanse leefstyl. Sy het aan Paarl Gimnasium gematrikuleer en in 2025 haar graad in Bemarking en Bestuurswetenskappe aan die IMM Graduate School voltooi. Haar skryfwerk fokus op plaaslike toerisme, gemeenskapstories en die nuutste leefstyltendense. In haar vrye tyd toer Emma graag deur Suid-Afrika om die land se uitsonderlike natuurskoon te verken. Sy geniet dit ook om aktief te bly, in die see te swem en kwaliteittyd saam met haar vriende en familie deur te bring.